Buiteposte van die Koeberg-Groene Cloof

Die Buitepos Vissershok

Die buitepos Vissershok was geleŽ aan die Dieprivier, 'n paar kilometer noordoos van Bommelshok, en word tydens die regeringstyd van Simon van der Stel die eerste keer onder diť naam in dokumente vermeld, wanneer 'n veeopname van 5 November 1685 aangee dat "aan Hendrik Vissershock" 584 van die Kompanjie se hamels wei. Die veepos is dus ongeveer nege of tien jaar na Riet Valleij en Bommelshok gestig. Gedurende HoŽ Komissaris H.A. van Reede se besoek in April 1685 was daar reeds 'n naamlose veepos, twee Nederlandse myle (14,8 km) hoŽr op van Bommelshok, aan die rivier. Miskien is dit dieselfde pos waarna met die naam "Diepe Rivier" verwys word in die monsterrol van 1684, waar vier soldate aan Bommelshok en nog twee soldate aan "Diepe Rivier" gestasioneer is. By gebrek aan verdere inligting, kan 'n vaste datum vir die stigting van die pos Vissershok nie bepaal word nie. In 1691 was daar 896 skape, en geen ander vee nie, op Vissershok. Daar is nie verdere verwysings na die pos onder die naam Vissershok in die dokumente uit Simon van der Stel se regeringstyd nie, maar dit verskyn op 'n kaart van die kolonie wat tussen 1688 en 1700 geteken is, en waarop meeste van die buiteposte van die tweede grensgebied aangedui word.

Here Sewentien se opdragte van 1695 en 1699 aan die Kaapse regering om sy landbou en veeteelt aan die vryburgers oor te laat en buiteposte af te skaf, is in die geval van Vissershok nie uitgevoer nie. In 1704 was daar drie man by die pos gesetel, en in 1705 een adelbors en 'n matroos. Goewerneur WA. van der Stel en die Politieke Raad het op 11 Mei 1706 besluit om al die VOC se bokke by Vissershok van die hand te sit, omdat hulle van weinig nut was. Hieruit is af te lei dat die vleistekort vir goed verby was, en dat die Kompanjie se vee - selfs diť van weinig nut - nie in 1699 verkoop is nie. Die 202 bokke is op 1 Junie 1706 opgeveil. 'n Week na die raadsbesluit hierbo genoem, het slawe die Kompanjie se melkboer op Vissershok vermoor. Die brokkie inligting gee weer 'n aanduiding van die mate waarin Here Sewentien se opdragte verontagsaam is, omdat die Kompanjie sy suiwelprodukte nog steeds self geproduseer en nie van die vryburgers gekoop het nie.

Die tekort aan trekvee wat die VOC in 1705 ondervind het, het genoodsaak dat Ianddros Starrenburg na die Koina van die weskus moes gaan om trekvee te probeer bekom. Die 174 osse wat hy teruggebring het, was meestal jong vee en nog nie vir werk geskik nie, daarom is hulle nie na De Schuer nie, maar by Vissershok op die rand van die kolonie geplaas, totdat hulle uitgegroeide diere sou wees. Landdros Starrenburg her ook sy mag van veldwagters, soldate en klerke by Vissershok versamel tydens goewerneur WA. van der Stel se stryd teen die vryburgers.

Hiervandaan bet hy hulle snags geneem om vryburgers se huise te bekruip met die doel om hulle te arresreer. Die goewerneur se ander band met Vissershok het bestaan uit sy private veetroppe wat daar op regeringsgrond gewei het, wat ook die rede verskaf waarom W.A. van der Stel nie hierdie pos wou afskaf nie, in stryd met Here Sewentien se opdrag, en waarom hy die VOC se bokke in 1706 daarvandaan verwyder her. Sy toeŽiening van die regeringspos is een van die griewe wat die vryburgers in hul klagskrif teen die goewerneur by name uitgesonder het.

Na die afdanking van goewerneur WA. van der Stel in 1707, verdwyn inligting oor die gebruik van Vissershok uir die Kaapse dokumente, totdat die waarnemende gesagvoerder, W. Helot, op 8 Junie 1711 aan die Politieke Raad voorstel dat daar geen gars of rog vir die Kompanjie se stalperde was nie omdat die vryburgers niks gelewer het nie. Omdat Vissershok die enigste buitepos was waarop die regering nog gesaai het, sou twee persone daar gaan kyk hoeveel grond reeds besaai is en hoeveel nog besaai kon word. Die persone het drie dae later gerapporteer dat 18 skepels gars en drie skepels rog gesaai is, terwyl nog twee skepels gars binnekort gesaai sou word. Deur betyds vyf slawe na die pos te stuur, kon daar nog geploeg en 'n verdere vier skepels gars gesaai word om die Kompanjie se perde teen honger en die regering teen onkoste te vrywaar. Die garsoes het daardie jaar 222 mud opgelewer, wat genoeg vir 'n hele jaar se perdevoer sou wees. Die oorspronkiike saadgraan het uit die boere se tiendes gekom, en het die regering dus niks gekos nie. Die gesagvoerder Helot het beplan om in die toekoms daarmee voort te gaan.

Die heraktivering van die pos in belang van die VOC beteken nie dat dit tussen 1705 en 1711 in onbruik gele het nie. Die pos is in daardie tyd deur twee posvolk beset wat na die koms van goewerneur M.R de Chavonnes in 1714 tot drie man vermeerder is. In 'n ondersoek na Helot se regering het toe aan die lig gekom dat hy hom 'n hoeveelheid van die regering Se rooi ebbehout, afkomstig van die buitepos Mauritius, toegeeien het om kaste en 'n ledekant te laat maak. Soos die ondersoek uitgebrei is, is ook agtergekom dat hy 16 mud van die VOC se gars van die pos Vissershok aan die burger Matthijs van den Berg gegee het, en dat hy die merke op 35 van die VOC se osse en koeie laat verander het, en dus die regering se vee gesteel het. (Nota: Die VOC se merk was die letters O.C. op albei horings gebrand.) Die gesteelde beeste is ook by die burger Van den Berg gevind. 

Die waarnemende goewerneur W. Helot het die pos dus tot sy eie voordeel gebruik ten opsigte van die landbou en veeteelt, en hoewel hy vir sy onwettige optrede deur Here Sewentien ontslaan en na Nederland herroep is, is sy private boerdery nie verder ondersoek nie, sodat die gebruik van die buitepos deur die regeringshoof 'n glans van wetmatigheid gekry het en in later jare selfs as 'n presedent genoem is deur goewerneurs wat hulle op 'n ou voorreg en op 'n ou gebruik beroep het.

 

                               

Site hosted by http://www.virafrikaans.com - Designed and maintained by WebAdz Designs