Van den Berg Family History

Johannes Hendricus Crous

Male

Personal Information    |    Notes    |    All    |    PDF

  • Name Johannes Hendricus Crous 
    Gender Male 
    Person ID I2928  Van den Berg Genealogy
    Last Modified 17 Jul 2018 

    Father Heinrich Bartholomeus Crous,   b. CIRCA 1730   d. CIRCA 1776 (Age 46 years) 
    Mother Johanna Magdalena Smal 
    Marriage 30 May 1756 
    Family ID F1039  Group Sheet  |  Family Chart

    Family Johanna Dorothea Gildenhuyzen 
    Marriage 1778 
    Children 
     1. Hendrik Bartholomeus Crous   d. 23 May 1856
    Family ID F1035  Group Sheet  |  Family Chart
    Last Modified 17 Jul 2018 

  • Notes 
    • Waterverf portretjies van Johannes Hendricus Crous (ook bekend as "Groot Jan") en sy vrou Johanna Dorothea Gildenhuyzen wat in 1822-1823 deur 'n Mnr. Keet geskilder is, word in die argief van die Drostdy Museum, Swellendam bewaar.
      Miemie Rothmann het dit later gekopieer en die portrette word in die museum uitgestal.
      Johannes Crous dien as diaken in die N.G. Gemeente in 1802. In 1813 het ene Johannes Hendrik Crous aan die kerk gewerk.
      Johannes Hendricus het in 1799 die Engelse regering aan die Kaap gehelp om die tweede opstand onder die burgers van Swellendam te onderdruk.
      Volgens Tomlinson (1943 : 84-85) het 40 boere op sy plaas Kliprivier aangedoen onderweg na Swellendam.
      Ewe vriendelik het Crous kos voorgesit en liberaal met die wyn uit sy kelder te werk gegaan.
      Nadat die manne gaan rus het, het hy al 40 gewere buite aksie gestel en vir Landdros Faure op Swellendam in kennis gestel van die teenwoordigheid van die opstandelinge op sy plaas.
      Dit was die einde van die opstand.
      Hy het later 'n groot jagvriend van Lord Charles Somerset geword en vir sy dienste die leningsplaas Somersetsgift as geskenk van die goewerneur ontvang.
      (Tomlinson : 1943 : 85).
      Information compiled by A de Witt.