Die stuk hieronder handel oor ene Hendrik van den Berg wat weens pligsversuim vir twee jaar na Robbeneiland verban is. Hy was 'n seiner wat verantwoordelik was om die aankoms van skepe vroegtydig aan die Kasteel deur te gee. In 1712 het hy dit nie gedoen nie waarskynlik as gevolg van dronkenskap.

The cannon  on Kanonkop, Cape Point Nature Reserve, similar to those used for the signal system. "Die seinstelsel wat meer as 'n eeu lank goeie diens gegee het, het net in 'n paar gevalle gefaal. In 1706 het die owerhede in Batavia nagelaat om die gevraagde vlagdoekmateriaal vooruit te stuur, sodat die afgesproke seinvlag nie gemaak kon word nie. Die Kaap moes tydelik sonder die materiaal bly terwyl dringend aan Batavia geskryf is om die saak reg te stel.

Die tydsverskil tussen 'n kanonskoot wat van die Kop geskiet is as 'n skip in sig kom en die skoot wat van Robbeneiland geskiet is wanneer dieselfde skip op seevlak in sig kom, was ongeveer een en 'n half uur. In 1731 het 'n onoplettende seiner wat 'n skoot van Robbeneiland af gehoor het, en deur 'n gebrek aan selfvertroue vermoed het dat hy nie die skip kon sien waarvoor gesein is nie, ook een kanonskoor geskiet en daarmee die hele roetine vir die ontvangs van skepe by die Kasteel aan die gang gesit. Daar was geen skip nie; die skoot van Robbeneiland af was oor gedroste bandiete, en die seiner het die Kasteel met sy foutiewe sein mislei.

Meer ernstig was die mislukking van die stelsel in 1712. Die retoervloot van daardie jaar onder bevel van kommissaris J. van Steeland, het voor sononder op 11 Februarie 1713 tot agter Leeuwencop gevorder, en hoewel 'n mondelinge berig daarvan deur 'n ongenoemde persoon by die Kasteel gebring is, was daar geen sein van Leeuwencop af nie. Gedurende die nag is verskeie kanonskote op see gehoor waar die vloot op hulp gewag het. Die kanonskote was bedoel om die poshouer op Robbeneiland om 'n vuurbaken te vra, maar omdat die pos op Robbeneiland geen uitkenningsein van die Kop of die Bil gehoor of gesien het nie, wou hy nie 'n moontlike vyand help om die baai in te vaar nie. Eers met dagbreek is 11 skote van die Kop afgeskiet, en daarna het die jaarlikse retoervloot, vergesel van twee Engelse skepe die baai ingeseil. Kommissaris Van Steeland het daarna deeglik aandag gegee aan die mislukking van die seindiens. Hy het in die BreŽ Raad hulle onrus en agterdog, toe daar geen herkenningsteken gegee is nie, verduidelik. Hulle kon die vlagstok op die Kop sien en het geen inligting gehad oor 'n verandering in die stelsel nie.

Die twee seiners is in die vergadering geroep om hulle nalatigheid te verklaar. Hendrik van den Berg, wie se diensbeurt dit was, het gesÍ dat hy tot 17:00 op die Kop was, en daarna nog 'n uur lank in die poshuis op die kloof maar geen skepe gesien het nie. Die kommissaris wou dit nie glo nie. (Nota: On 11 Februarie gaan die son by Kaapstad om ongeveer 19:43 onder.) Die tweede seiner, Gerrit Hardenberg het getuig dat hy die dag die beurt gehad het om die rapport Kasteel toe te neem. Toe hy die aand om 21:00 uit die dorp "boven gekom was", het hy die skepe agter die berg in die maanlig gesien, en die volgende oggend op sy beurt die seinskote geskiet en die vlag gehys. Die BreŽ Raad het besluit dat Van den Berg nie op sy pos op die Kop was nie, en vermoedelik dronk was, sodat dit kon gevolg het dat die retoervloot die aangewese verversplek moes vermy met groot skade en verlies vir die VOC, of of gedurende die nag deur 'n noordewind op 'n lywal gevang word.

Komrnissaris van Steeland bet die saak positief benader. Hy het aan die BreŽ Raad voorgedra dat die uitkykers 'n besonder moeilike werk het om die hoŽ en steil bergpiek op en af te klim en dat dit 'n hoŽr salaris werd is as die matrosegasie wat hulle daarvoor gekry het. Om hulle tot beter diens aan te moedig, het by aangeraai dat die seiners die rang en gasie van kwartiermeesters kry en dat daar jaarliks van 1 Januarie tot na die vertrek van die retoervloot 'n derde man toegevoeg word. Hulle soldy het dus van nege gulden tot 14 gulden per maand gestyg. Die derde seiner is van daardie jaar af permanent aangestel38. Van 1730 tot 1737, en weer na 1754 was daar vier seiners op die buitepos. As gevolg van 'n oorlogstoestand en die aanwesigheid van 'n Engelse oorlogsvloot in Simonsbaai, was daar in die laaste maande van die VOC ses seiners op die pos.

Seiner H van den Berg, is oor sy misstap gelaars en vir twee jaar dwangarbeid na Robbeneiland verban. Met die diensaanvaarding van goewerneur M.P. de Chavonnes in April 1714 het hy amnestie gekry, en het daarna nog twee jaar op sy ou pos gedien. Toevallig was die waarnemende gesagvoerder, Willem Helot, ook tydens die gebeure hierbo genoem vir sy eie vermaak uitstedig en sy afwesigheid is nie in die Dagregister bekend gemaak nie. Die Raad van IndiŽ het hulle uiterste ontevredenheid met beide oortredings bekend gemaak, en Helot in skerp terme tereggewys. Gedurende bogenoemde gebeure is die uitkykers, naas die gewone terme "vlaggeman" en "vlaggelui", ook die eerste keer in amptelike dokumente "seewagters" genoem.

Die stelsel is soms onderbreek deurdat weerlig die vlagpaal op Leeuwencop stukkend geslaan het onder andere in 1690, 1714, 1718, 1728, 1760 en 1768. In 1741 is die vlagpaal op di Bil stukkend geslaan geslaan, en in 1773 het die suidoostewind die paal op die Kop omgewaai. Die Poshuis in die Kloof is in 1783, gedurende die oorlog teen Engeland, verbeter en waarskynlik ook tot 'n mate gefortifiseer. Toe die Kaapse buiteposte in 1791 op bevel van Here Sewentien deur twee gekommitteerde raadslede besoek is om die funksie en nut van elke pos te ondersoek met die oog op die moontlike afskaffing daarvan, her hulle die poshuis beskryf as 'n amper nuwe gebou waarin die seiners van die Leenwencop woon, saam met 'n afdeling van die garnisoen wat die pad oor die nek na Von Kamptz Baai bewaak het. In die poshuis was 'n hoeveelheid oorlogsmateriaal opgeberg. Die afskaffing van die buitepos kon om strategiese redes nie deur die Politieke Raad oorweeg word nie.

Die Engelse bewind aan die Kaap na 1795 het dit meer nuttig gevind om hulle seinwerk van die Leeuwenbil wat hulle "Lion's Rump" genoem het, en nie van die Kop af nie, te laat doen. Die seinkanon en vlagstok is daar geplaas en 'n uitgebreide geheime seinstelsel is in werking gestel waarmee 'n kode,
bestaande uit gekleurde vlae met getalswaardes, na die Kasteel en na skepe op see oorgedra is. Die VOC-stelsel is as verouderd en onprakties beskou en is vervang."

U kan meer oor die ou seinstelsels lees deur die volgende skakels te volg:

bullet Alarm System/Stelsel
bullet Waarskuwingsstelsel/ Warning System

 

                               

Site hosted by http://www.virafrikaans.com - Designed and maintained by WebAdz Designs