Soos vertel deur Aletta Sophia van den Berg nťe Visagie. 

My Ma Johanna Petronella Janse van Vuuren (foto regs) is as 3 jarige dogtertjie saam met haar ouers, Christiaan Jansen van Vuuren, van beroep 'n onderwyser in Colesberg en Anna Elizabeth Snyman van Phillipstown in 1905 as deel van Trek IV na ArgentiniŽ. Hulle was deel van 'n groep boere wat destyds nie onder die Engelse Regering wou staan nie. Hy en sy vrou Bettie en dogter Johanna Petronella vertrek aan boord van die skip "Highland Fling". 

Die "Highland Fling" was gebruik om 'n vrag muile na Kaapstad te vervoer en is binne 'n paar dae in 'n emigrante skip omgeskep. Alhoewel voldoende spasie beskikbaar was om die 322 mense te vervoer het die reuk agtergebly vir die duur van die reis na ArgentiniŽ.

Die "Highland Fling" het vanaf Kaapstad na Buenos Aires op 21 Oktober 1905 vertrek. Na 17 dae in die Spaanssprekende Stad het die imigrante aan boord van die "Presidente Roca" na Chubut vertrek. Alhoewel hulle derde klas gereis het was die omstandighede heelwat beter as aan boord van die "Highland Fling". Op 5 December 1903 arriveer hulle in Comodoro Rivadavia meer as twee maande na hulle vertrek vanaf hulle huise in verskeie plekke in Suid Afrika. (B du Toit: Colonia Boer, bl 121-123)  Christiaan is kort na hulle aankoms in Commodoro Rivadavia dood aan typhoid.

My ouma is ook binne twee jaar na hulle aankoms in ArgentiniŽ dood en my ma het by die weduwee van MM Venter gewoon wat haar toe grootgemaak het. Die weduwee se voorname name is onbekend aan my maar my ma het haar "Ouma" genoem. MM Venter was die leier van die 1905 trek na ArgentiniŽ en is ook vroeg oorlede klaarblyklik in 1908. 

My Pa, Andreas Gerhardus Christiaan Visagie is op ongeveer 20 jarige ouderdom saam met sy oom wat vanuit ArgentiniŽ by sy familie in Suid-Afrika kom kuier het terug na ArgentiniŽ. 

Op pad na ArgentiniŽ koop hy in London dele van 'n ou vragmotor wat hy in ArgentiniŽ aanmekaar sit. Regs is 'n foto van hom by die vragmotor. 

In ArgentiniŽ werk hy aanvanklik in die oom se sake-onderneming, maar begin gou soek na 'n plek om sy eie motorhawe te begin. 

Links is 'n foto van sy werkswinkel met my ma en myself in die agtergrond. My oudste suster Anette staan by my pa.

  Uit die huwelik tussen my ouers is 3 dogters in ArgentiniŽ gebore. 

In 1933 terwyl Suid-Afrika onder 'n ernstige droogte gebuk gegaan het kom ons terug in Suid-Afrika aan. 

Hieronder is 'n foto van ons op die skip. My ma staan met my suster Corrie (Cornelia Maria Visagie) op die arm. 

Ek staan links voor en Anette (Anna Aletta Visagie) regs. 

Nadat ons 'n maand by my Pa se ouers op Dwaalhoek naby Potfontein gewoon het, het Pa 'n motorhawe op Petrusville begin. 

Tye was moeilik want die boere wat aan hul motors laat werk het het met maer skape betaal. Geld was baie skaars. 

Ons drie dogters het al drie op Petrusville skoolgegaan vanaf Sub A tot Std. 10. Toe ek 8 jaar oud was is my enigste broer Jan gebore. 

Terwyl ek op die onderwyskollege in Bloemfontein was het my ouers na Jacobsdal verhuis waar my Pa 'n motorhawe begin het. 

 Na afloop van my kursus begin ek op Jacobsdal skoolhou tot April 1952 toe ek en Sampie getroud is. 

My Pa is op 60 jarige leeftyd oorlede toe 'n brand as gevolg van 'n paraffienverwarmer in ons huis uitgebreek het en hy blykbaar aan versmoring dood is. 

 My Ma het ongeveer 2 jaar by ons in Pretoria gewoon en later op Luckhoff. 

Haar laaste lewensjare het sy op Petrusburg in die ouetehuis deurgebring. Sy is in 1985 in Petrusburg oorlede en in Petrusville begrawe.

 

Site hosted by http://www.virafrikaans.com - Designed and maintained by WebAdz Designs